GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 15-20 min.

1 Franse baguette, in stukke geskeur

500 g snoepworsies, in skyfies gesny

2 rooi soetrissies, in skywe gesny

4 tamaties, in kwarte gesny

6 sondroë tamaties

in vinaigrette, grof gekap

60 ml (¼ k) swartolywe, ontpit

30 ml (2 e) olyfolie

5 ml (1 t) droë tiemie

sout en pas gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  1. Versprei die broodstukke, worsies, soetrissies, tamaties en olywe op die bakplaat.
  2. Sprinkel die olie oor en meng liggies.
  3. Geur met die tiemie, sout en peper.
  4. Rooster 15-20 minute in die oond of tot die rande van die brood begin verbruin.
  5. Sit voor saam met roereier.

Wenke

  • Jy kan ook spekvleis by die mengsel voeg.
  • Roer ’n paar keer goed sodat die brood egalig verbruin.