Genoeg vir 1 mens

Bereiding: 3 minute

Gaarmaak: 5 minute

3 eiers

15 ml (1 e) vars broodkrummels

15 ml (1 e) melk

5 ml (1 t) gekapte pietersielie

1 aartappel, gekook en in klein blokkies gesny

15 ml (1 e) gekapte ui

15 ml (1 e) cheddarkaas, gerasper of blokkies feta

15 ml (1 e) olie

sout en peper na smaak

OPDIENING

6 kersietamaties, gehalveer en gebraai 30 ml (2 e) tamatiepesto (opsioneel).

Klits die eiers goed saam, maar nie tot skuimerig nie.

Voeg die res van die bestanddele by die geklitste eiers en roer goed deur.

Giet in ’n 23-cm pan wat goed gespuit is met kossproei en braai sowat 2 minute tot die onderkant gaar is.

Lig die kante van die omelet van tyd tot tyd op sodat die boonste rou eiermengsel onderin kan loop.

Verhit verder tot die eiermengsel net-net gestol is boop.

Maak los om die kante en gly versigtig uit op ’n bord, vou oor en sit voor met vars roosterbrood en pangebraaide kersietamaties waarby ’n skeppie tamatiepesto deurgemeng is