Lewer 3

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

10 ml (2 t) olie

1 chorizo-wors, in skywe gesny

100 g sampioene, gesny

8 eiers

15 ml (1 e) botter

’n hand vol ertjiespruite

sout en peper na smaak

1.    Voorverhit die oond se roosterelement. Braai die chorizo 2 minute in ’n geoliede pan oor matige hitte. Voeg die sampioene by en braai nog 5 minute of tot die sampioene gaar is.

2.    Skei die eiers en klits die eierwitte tot ’n sagte piek gevorm het. Klits die eiergele en vou die witte lepel vir lepel by die gele in. Plaas die botter in ’n kleefwerende pan oor matige hitte. Wanneer dit warm is, giet die eiermengsel in.

3.    Bak dit 2 minute op die stoof en plaas dit vir 3 minute in die oond. Rangskik die chorizo, sampioene en ertjiespruite in die middel van die omelet en vou oor. Geur na smaak en sit dadelik voor.

- Hope Malau

Foto: David Briers