Genoeg vir 4

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

250 ml (1 k) Jumbo Porridge-hawermout

’n knippie kaneel, ekstra vir bestrooi

2,5 ml (½ t) neutmuskaat

1 kaneelstok

1 steranys

2 wonderpeperbessies

750 ml (3 k) melk

1 peer

1 suurlemoenwiggie

  1. Plaas die hawermout, speserye en melk in ’n kastrol oor matige hitte. Kook 15 min. of tot sag terwyl jy aanhoudend roer tot romerig. Verwyder die kaneelstok, steranys en wonderpeperbessies.
  2. Gooi die hawermout in bakke en rasper die peer grof oor met ’n skeut suurlemoensap. Strooi kaneel oor en sit warm voor.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller