Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 10 minute

Staantyd: oornag

Gaarmaaktyd: geen

300 g fyn hawermout

100 g gedroogde appelkose, grof gekap

100 g gedroogde appelringe, fyn gekap

50 g rosyne

50 g heel amandels, grof gekap

50 g pampoensade

500 ml (2 k) natuurlike jogurt

80 ml (¹/3 k) melk

6 pruime, in skywe gesny

droë bosbessies

30 ml (2 e) heuning

Meng al die bestanddele (buiten die pruime, bosbessies en heuning) in ’n mengbak en hou oornag in die yskas.

Meng die hawermoutmengsel die volgende oggend deur en skep dit in ’n opdienbak.

Plaas die pruime bo-op, sprinkel die bosbessies oor en drup die heuning oor.

WENK: Berei die hawermout die aand tevore. Gebruik verskeie droë vrugte en neute of bedien met 'n vrugteslaai.