GENOEG VIR 2 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 10-15 min.

VULSEL

4 repies spek,

grof gekap

2 kaasbraaiworsies, in skyfies gesny

125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

2 stingeluie, gekap

WITSOUS

25 ml (5 t) botter

1 ui, fyn gekap

25 ml (5 t) koekmeel

200 ml melk

sout en pas gemaalde peper

OMELET

4 eiers

60 ml (¼ k) melk

sout en pas gemaalde peper

15 ml (1 e) botter

  1. Vulsel Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Voeg die worsies by en roerbraai ’n paar minute. Skep uit en hou eenkant.
  2. Witsous Verhit die botter in ’n kastrol en braai die ui tot sag. Roer die meel en dan geleidelik die melk by. Laat prut tot verdik en geur met sout en peper.
  3. Klits die eiers en melk en geur met sout en peper. Verhit die botter in ’n pan, skep die helfte van die eiermengsel in en bak 2 omelette (sien onder). Herhaal.
  4. Smeer van die witsous op elke omelet en versprei van die worsmengsel, kaas en stingeluie bo-op. Vou toe en sit dadelik voor.

MAAK 'N OMELET SO:

Smelt die botter in ’n kleefvrye pan en giet die eiermengsel in. Lig die kante van die omelet en wag tot dit borrel Draai dan omen bak ’n paar sekondes