Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Rustyd: minstens 2 uur

1 groot, ronde brood

230 g grasui-gegeurde roomkaas

45 ml (3 e) basiliepesto

500 g boerewors, gaar en in lang stukke gesny

200 g mozzarella- of wit cheddarkaas, in skywe gesny

245 g soetrissies, ontpit en oondgerooster, of ingelegdes

125 g pikantrissies of ingelegde artisjokke

vars basilieblare

  1. Sny die bokant van die brood af en hou eenkant. Hol die onderkant uit; hou ’n rand van 1 cm rondom.
  2. Smeer die onder- en bokant aan die binnekant met roomkaas en ’n lagie pesto, pak die res van die bestanddele in lae op die onderkant en plaas die bokant terug. Bind vas met tou.
  3. Sit in die yskas en plaas ’n houtplank met ’n swaar gewig bo-op sodat die bestanddele binne-in kan verstewig. Draai toe in papier of tinfoelie as jy dit wil inpak.
  4. Sny in skywe en sit voor.