Lewer 12 plaatkoekies (1 porsie = 1 plaatkoekie)

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

PLAATKOEKIES

160 ml (²/³ k) koekmeel

80 ml (¹/³ k) heelgraanmeel

60 ml (¼ k) mieliemeel

5 ml (1 t) bakpoeier

2 ml (½ t) koeksoda

45 ml (3 e) bruinsuiker

5 ml (1 t) fyn kaneel

knippie sout

310 ml (1¼ k) karringmelk

2 eierwitte

15 ml (1 e) olie

5 ml (1 t) vanieljegeursel

BOLAAG

1 blik (400 g) ingemaakte appelstukke of vars appelskyfies

knippie bruinsuiker

knippie kaneel

natuurlike jogurt vir voorsit

  1. PLAATKOEKIES Meng die droë bestanddele saam. Klits die res van die bestanddele vir die plaatkoekies goed saam in ’n ander bak. Giet by die droë bestanddele en meng goed.
  2. Verhit ’n kleefvrye pan en spuit met kossproei. Skep ’n lepel (60 ml) van die mengsel in die pan. Draai om as die bokant lugblasies het en bak tot gaar.
  3. BOLAAG Geur die appelstukke met die bruinsuiker en kaneel en skep dit oor die plaatkoekies. Sit voor met natuurlike jogurt.