Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 10-15 min.

1 ciabattabrood, in 8 dik skywe gesny

30 ml (2 e) botter

60 ml (¼ k) heuning

VULSEL

300 g ricottakaas

50 g amandelsplinters

10 g vars pietersielie, gekap

10 g grasuie, gekap

sout en vars gemaalde peper

EIERMENGSEL

6 eiers

60 ml (¼ k) melk

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Vulsel Meng al die bestanddele en geur na smaak met die sout en peper.
  2. Skep lepels vol van die mengsel op die helfte van die broodjies. Sit die ander helftes op en maak toebroodjies.
  3. Eiermengsel Klits die eiers en melk saam. Hou die broodjies versigtig bymekaar en doop in die eiermengsel. Maak seker die hele broodjie is met die eiermengsel bedek.
  4. Verhit die botter in ’n pan en braai die broodjies aan albei kante tot goudbruin. Pak op ’n bakplaat en rooster nog 5-10 min. in die oond tot deurwarm.
  5. Bedruip met die heuning en sprinkel met ekstra geroosterde amandelsplinters