Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 30 min.

Verkoel: 30 min.

500 ml (2 k) rooiwyn

80 ml (1/3 k) suiker

1 kaneelstok

2 steranyse

1 ml (¼ t) vanieljesaad

16 droë pruime, ontpit

16 droëvye

16 droëappelkose

60 ml (¼ k) bosbessies

natuurlike jogurt

  1. Bring die wyn, 250 ml (1 k) water, suiker, kaneelstok, steranyse en vanieljesaad tot kookpunt in ’n groot kastrol. Voeg die pruime, vye, appelkose en bosbessies by en laat prut 30 min.
  2. Laat afkoel, verwyder die kaneelstok en steranyse en verkoel 30 min. Sit voor oor die jogurt.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers