Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30-35 minute

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

2 brandrissies, gekap

500 g boerewors, gaar en in stukke gesny

1 blik (410 g) gekapte tamaties

1 blik (410 g) gebakte boontjies

200 g heel kersietamaties, gehalveer

suiker, sout en peper na smaak

tabascosous na smaak

6 eiers

roosterbrood vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verhit die olie en braai die uie, knoffel en brandrissies tot sag. Voeg die boereworsstukke by en roerbraai effens.
  2. Voeg die tamaties, boontjies en kersietamaties by, geur met die suiker, sout, peper en tabascosous en laat prut.
  3. Skep in ’n oondvaste bak, maak 6 holtes in die mengsel en breek die eiers daarin. Oondbak 10-15 minute tot die eiers gaar is. Sit voor saam met roosterbrood.