GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 20 min.

VULSEL

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

500 g boerewors, uit die derm gedruk

2 houers (65 g elk) tamatiepasta

1 blik (410 g) tamaties, gekap

5 ml (1 t) fyn kaneel

2 brandrissies, gekap

80 ml (¹/3 k) fyn gekapte koljander en/of pietersielie

skil van 1 suurlemoen

knippie suiker

sout en peper na smaak

JAFELS

8 snye witbrood

botter

  1. VULSEL Verhit die olie en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die worsvleis by en braai tot gaar en bruin.
  2. Voeg die res van die bestanddele by, verlaag die hitte en laat prut sowat 20 min. tot die sous geurig is.
  3. JAFELS Spuit ’n jafelpan goed met kossproei.
  4. Skep 45-60 ml (3-4 e) van die vulsel tussen twee snye brood. Plaas in die pan, vou toe en braai tot goudbruin.