GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 20 min.

WORSMENGSEL

6 eiers, hardgekook en afgedop

sout en pas gemaalde peper

4 Russiese worsies, in skyfies gesny

SOUS

500 ml (2 k) dik, klaarbereide witsous

1 blik (410 g) geroomde pitmielies

10 ml (2 t) mosterdpoeier

paar druppels

tabascosous

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak met kossproei.

  1. Worsmengsel Sny die eiers in skywe en pak in die oondbak. Geur met die sout en peper en versprei die
  2. worsies bo-op.
  3. Sous Meng al die bestanddele goed, maar hou 60 ml (¼ k) van die kaas eenkant.
  4. Giet die sous oor die worsies en sprinkel die orige kaas bo-oor.
  5. Bak 20 minute of tot goudbuin bo-op.
  6. Sit voor saam met vars basilie.