LEWER 6-8 koppies

Bereiding: 10 minute

Verkoeltyd: 8 uur

2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies

2 houers (250 g elk) roomkaas of mascarpone

2 blikke (385 g elk) kondensmelk

250 ml (1 k) room

250 ml (1 k) suurlemoensap

  1. Maak die beskuitjies fyn en verdeel tussen die koppies.
  2. Klits die roomkaas en kondensmelk saam. Voeg die room en suurlemoensap by en klits goed.
  3. Giet die mengsel oor die beskuitjies, bedek met kleefplastiek en verkoel 8 uur.