Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 45-55 minute

4 eiers

500 ml (2 k) volroommelk

50 ml gesmelte margarien

5 ml (1 t) vanieljegeursel

2 ml (½ t) sout

3 ml bakpoeier

125 ml (½ k) koekmeel

250 ml (1 k) suiker

250 ml (1 k) klapper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Klits die eiers en melk saam, voeg die margarien en vanieljegeursel by en klits goed.
  2. Sif die res van die bestanddele behalwe die klapper saam. Meng by die melkmengsel in. Roer die klapper
  3. by.
  4. Giet die beslag in ’n tertbord en bak 45-55 minute tot die bo-kors goudbruin en die vlavulsel gestol is. Sit voor saam met room indien verkies