Lewer 4-6 glasies

Bereiding: 15 min.

KORS

250 ml (1 k) klapper, gerooster

80 ml (? k) fyn gekapte pekanneute (opsioneel)

80 ml (? k) botter, gesmelt

15 ml (1 e) bruinsuiker

VULSEL

2 x 230 g-houers romerige maaskaas

fyn gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen

45-60 ml (¼ k) versiersuiker

2 bakkies grenadellapulp

basilieblaartjies vir afronding

  1. Kors Meng die klapper, neute (indien gebruik), botter en suiker en druk vas op die bodem van 4-6 glasies.
  2. Vulsel Meng al die bestanddele buiten die pulp en basilieblaartjies.
  3. Marmer een houer pulp liggies deur die maaskaasvulsel en verdeel tussen die glasies.
  4. Skep die res van die pulp op elkeen en rond af met ’n basilieblaartjie. Verkoel tot opdiening.

Deur Carmen Niehaus

Foto’s: Misha Jordaan