Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 8 min.

Gaarmaak: 2¼ min.

2 blikke (400 g elk) pastei-appels

5 ml (1 t) fyn kaneel

5 ml (1 t) suurlemoenskil

60 ml (¼ k) bessiekonfyt

250 ml (1 t) bros muesli, gerooster

dikroom vir voorsit

  1. Meng die appels, kaneel en suurlemoenskil in ’n bak. Skep 10 ml (2 t) konfyt op die bodem van elk van vier mikrogolfbestande bakkies. Verdeel die appelmengsel tussen die bakkies en bedek met die oorblywende konfyt. Bedek met kleefplastiek. Mikrogolf 2 minute op hoog of tot deurwarm.
  2. Strooi die muesli oor die appelmengsel. Mikrogolf 15 sekondes onbedek op hoog. Sit warm voor met dikroom.