Het jy lus vir iets soets, maar wat maklik en vinnig is om te maak? Hierdie bederf kan warm of teen kamertemperatuur geniet word.

GENOEG VIR 2

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 25 min.

4 pere, ontkern en gehalveer

2,5 ml (½ t) vanieljesade

60 ml (¼ k) bruinsuiker

60 ml (¼ k) water

vanieljeroomys vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Plaas die pere in ’n bakplaat met die vanieljesade. Bestrooi met suiker en water en bak 25 min. of tot die pere sag is. Bedruip met die pansous terwyl dit bak.
  2. Rangskik die pere op opdienborde, bedruip met sous uit die bakpan en sit voor met roomys.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers