GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 30 min.

3 eiers, geklits

45 ml (3 e) meel

’n knippie sout

80 ml (1/3 k) strooisuiker

450 ml melk

50 g botter, ekstra vir smeer

4 pruime, gehalveer

Voorverhit die oond tot 200 ºC.

  1. Voeg die meel, sout en 45 ml (3 e) strooisuiker by die geklitste eiers. Meng goed en plaas eenkant. Verhit die melk in ’n kastrol tot louwarm en roer by die eiermengsel in om vla te vorm.
  2. Smeer ’n vlak oondvaste bak met botter, pak die pruime op die bodem en giet die eierbeslag oor. Stip die oorblywende botter in klontjies bo-oor.
  3. Plaas in die oond en bak 25 min. tot die eier geset het. Strooi die oorblywende strooisuiker oor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers