Genoeg vir 8 mense en meer

Bereiding: 5 minute

Staantyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 1 uur

6 Paasbolletjies, in stukke geskeur

1 Madeira-brood, in stukke geskeur

1 piesangbrood, in stukke geskeur

100 g botter, gesmelt

6 eiers

250 ml (1 k) strooisuiker

500 ml (2 k) room

500 ml (2 k) melk

gerasperde skil van 1 lemoen

gerasperde skil van 1 suurlemoen

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

versiersuiker en kaneel vir bestrooi

1 Smeer ’n oondvaste bak.

2 Rangskik die Paasbolletjiestukke in die bak, bedek met die Madeira en dan die piesangbrood.

3 Klits die botter, eier, strooisuiker, room, melk, skil en vanielje saam tot goed gemeng. Giet dit oor die geskeurde brood en druk die mengsel plat.

4 Laat staan 1 uur om die vla op te suig.

5 Voorverhit die oond tot 180 °C.

6 Bak 1 uur of tot geset. Wanneer afgekoel, bestrooi met die suiker en kaneel.

- Hope Malau