LEWER 1 TERT VAN 20 CM

Bereiding: 45 minute

Verkoeltyd: 2-3 uur

KORS

1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies, fyn gemaak

30 g botter, gesmelt

VULSEL

1 groot pak wit en pienk malvalekkers

160 ml (²/³ k) melk

100 g witsjokolade, gekap

100 g donkersjokolade, gekap

witsjokolade-skaafsels vir versiering (opsioneel)

  1. KORS Meng die beskuitjies en die botter goed. Druk teen die boom en rande van ’n tertbak van 20 cm en plaas in die yskas om te verstewig.
  2. VULSEL Verdeel die wit en pienk malvalekkers in twee aparte hopies.
  3. Verhit die helfte van die melk in ’n kastrolletjie en voeg die pienk malvalekkers by. Roer tot gesmelt en voeg die witsjokolade by. Roer goed tot dit gesmelt het en giet in die kors.
  4. Verhit die orige melk en wit malvalekkers tot die malvalekkers gesmelt het. Voeg die donkersjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt het en meng goed. Giet die mengsel oor die pienk laag in die kors. Plaas 2-3 uur in die yskas tot gestol.
  5. Versier met sjokoladeskaafsels indien verkies.