Lewer 10 koekies

Bereiding: 20 min.

Bak: 30 min.

Afkoel: oornag

KORS

2 pakkies (200 g elk) gemmerbeskuitjies

125 g botter, gesmelt

VULSEL

3 bakkies (230 g elk) gladde maaskaas

2 blikkies (397 g) kondensmelk

125 ml (½ k) suurlemoensap

250 ml (1 k) suiker

10 ml (2 t) vlapoeier

250 ml (1 k) room, verkoel

en styf geklits 90 ml (6 e) kakao

kakao vir bo-oor stuif (opsioneel)

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer ’n 23 cm-losboom- of -ringvormpan of sowat 10 klein losboom-tertpannetjies en bestuif met koekmeel.

  1. Kors Maak die beskuitjies in ’n voedselverwerker fyn, voeg die botter by en meng goed. Druk vas in die pan(ne) en verkoel.
  2. Vulsel Meng al die bestanddele vir die vulsel buiten die room en kakao. Vou die room in; verdeel in twee. Giet die een helfte in die tertkors(e). Meng die kakao by die orige helfte in en giet versigtig bo-op die wit laag in die tertkors(e).
  3. Bak 30 min. tot ligbruin om die kante (sal nog effens bewe). Laat afkoel in die oond en koel oornag af in die yskas.
  4. Ontvorm en stuif met die kakao indien verkies.