Genoeg vir 8 mense

Stoltyd: 1 uur

Bereiding: 15 minute

2 pakkies rooi jellie

1-2 blikke (400 g elk) gemengde bessies, gedreineer

50-80 ml sjerrie (opsioneel)

400 g gekoopte sponskoek, in stukke gebreek

150 ml gemengde neute, gekap

500 ml aangemaakte vla

250 ml room, styf geklits

5- 6 heel groenvyekonfyt, in stukke gesny

takkies vars kruisement vir versiering (opsioneel)

  1. Maak die jellie aan volgens die aanwysings op die pakkie. Die gedreineerde sap van die blikkies vrugte kan ook gebruik word.
  2. Sprinkel die sjerrie oor die sponskoek. Pak die jellie, bessies, koek, neute en vla in lae in glase of ’n mooi deursigtige bak. Skep die room bo-op en versier met die groenvyestukke en kruisement as jy het.