Lewer 1 koek

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 30 minute

Koek

500 ml (2 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

1 ml (¼ t) koeksoda

1 ml (¼ t) sout

150 g botter of margarien

250 ml (1 k) suiker

3 eiers

1 eiergeel

7 ml (1½ t) vanieljegeursel

180 ml (¾ k) karringmelk

Stroop

200 ml gouestroop

20 ml (4 t) koffielikeur

30 ml (2 e) kitskoffie

Vulsel

3 boksies vanieljekitspoeding

500 ml (2 k) melk

500 ml (2 k) room

10 ml (2 t) vanieljegeursel

sjokolade soos kit kat vir versiersing

Voorverhit die oond tot 180 °C Smeer 2 panne van 23cm elk

  1. Koek Sif die droë bestanddele saam.
  2. Verroom die botter of margarien en suiker saam tot lig en romerig. Klits die eiers en eiergeel een vir een by. Voeg
  3. die vanieljegeursel by.
  4. Vou die droë bestanddele en karringmelk om die beurt by die eiermengsel in. Verdeel die mengsel tussen die twee voorbereide panne en bak 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit en laat afkoel.
  5. Stroop Verhit al die bestanddele saam tot die stroop gesmelt het. Giet oor elke koeklaag.
  6. Vulsel Klits al die bestanddele behalwe die sjokolade saam.
  7. Plaas ’n koeklaag op ’n dienbord, skep van die vulselbestanddele in ’n spuitsak en spuit die helfte van die vulsel oor plaas die ander koeklaag bo-op en spuit die res van die vulsel oor. Krummel die sjokolade rofweg bo-op.