GenoeG vir 6-8 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30-35 minute

Tert

375 ml (1½ k) dadels, fyn gekap

5 ml (1 t) koeksoda

250 ml (1 k) kookwater

60 ml (¼ k) botter

250 ml (1 k) suiker

1 eier

vanieljegeursel

375 ml (1½ k) koekmeel

2 ml (½ t) fyn neutmuskaat

1 ml (¼ t) bakpoeier

1 ml (¼ t) sout

125 ml (½ k) okkerneute, gekap

60 ml (¼ k) room

Sous

250 ml (1 k) suiker

15 ml (1 e) botter

250 ml (1 k) water

125 ml (½ k) brandewyn

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n groot oondvaste tertbord met kossproei.

  1. Tert Plaas die dadels en koeksoda in ’n bak en giet die kookwater oor. Laat staan tot afgekoel.
  2. Room die botter en suiker en klits die eier by. Meng die dadelmengsel en vanieljegeursel by die eiermengsel in.
  3. Sif al die droë bestanddele saam en vou by die dadelmengsel in. Meng die neute en room deur en giet in die tertbord.
  4. Bak 30-35 minute of tot gaar. Prik gaatjies in die tert
  5. Sous Kook die suiker, botter en water 5 minute saam. Verwyder van die stoof en roer die brandewyn en geursel by. Giet die warm stroop oor die tert.