Maak jou eie soet en romerige, heerlike pêrelpoeding. Weet jy nooit hoe om die tapioka te gebruik wat jy op die winkelrak sien nie? Volg net hierdie eenvoudige resep.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Rustyd: 30 min.

Gaarmaak: 15 min.

125 ml (½ k) tapioka

250 ml (1 k) water

500 ml (2 k) melk, in twee koppies verdeel

2 eiergele

125 ml (½ k) suiker

’n knippie sout

vanieljegeursel

  1. Week die tapioka 15 min. in water. Voeg 1 k melk by en laat week 15 min.
  2. Klits die oorblywende melk, eiergele, suiker en sout tot ’n gladde mengsel.
  3. Gooi dit in ’n pot oor matig lae hitte. Voeg die tapioka-mengsel by. Verhit en roer 15 min. gereeld. Moenie van die pot af wegstap nie en roer die laatste 5 min. aanhoudend.
  4. Verwyder van die hitte, roer die vanielje in en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: David Briers