Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 min.

Verkoel: 30 min. of oornag

Gaarmaak: 1 uur

DEEG

140 g botter

125 ml (½ k) versiersuiker

2 eiergele, geklits

2 ml (½ t) vanieljesaad

skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) koue melk

375 ml (1½ k) meel

’n knippie sout

VULSEL

6 eiers

250 ml (1 k) strooisuiker

skil en sap van 4 suurlemoene

200 ml dikroom

MERINGUE

300 g strooisuiker

4 eierwitte

  1. Deeg: Verroom die botter, versiersuiker, eiergele, vanieljesaad en suurlemoenskil saam. Voeg die melk by en meng goed. Keer die meel en sout in en klits om ’n deeg te vorm. Vorm in ’n dik skyf en verkoel minstens ’n halfuur of oornag.
  2. Voorverhit die oond tot 180°C.
  3. Vulsel: Klits die eiers en suiker saam, voeg dan die suurlemoenskil en -sous by en roer die dikroom in. Bedek en sit eenkant.
  4. Rol die deeg uit en voer ’n 23 cm-tertpan daarmee uit. Los die oortollige deeg om die rande, want dit kan afgesny word wanneer die deeg gaar is. Voer die deegdop met bakpapier uit, vul met droë bone of rys en bak 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone of rys en bak nog 10 minute. Verwyder uit die oond en laat afkoel. Sny die oortollige deeg met ’n getande mes van die rand van die tert af.
  5. Giet die vulselmengsel in die deegdop. Verminder die oondtemperatuur tot 160 °C en bak die tert 30 minute of tot geset met ’n effense drilling in die middel. Verwyder uit die oond en laat tot kamertemperatuur afkoel.
  6. Meringue Plaas die suiker en 60 ml (¼ k) water in ’n pan oor matige hitte en roer om die suiker op te los. Wanneer dit opgelos het, bring tot kookpunt. Doop ’n deegkwas in koue water en verf af en toe langs die kante van die pan af tot net bo die vlak van die suikerstroop om te keer dat die suiker kristalliseer.
  7. Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser tot sagte punte vorm en giet dan die suikerstroop egalig in ’n dun straal in die eierwitte in terwyl jy klits. Hou 10 minute aan klits tot heel koud.
  8. Spuit of skep die meringue op die tert. Verbruin met ’n blaasvlam as jy wil.