Genoeg vir minstens 6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

Verkoeltyd: 1 uur

STROOP

sap van 2 suurlemoene

60 ml (¼ k) suiker

250 ml (1 k) water

TIRAMISU

200 g vingerkoekies

500 g mascarponekaas

125 ml (½ k) dikroom

60 ml (¼ k) strooisuiker

sap en skil van 3 suurlemoene

gerasperde sjokolade en ekstra suurlemoenskil vir garnering

1 Stroop Bring die suurlemoensap, suiker en water tot kookpunt in ’n klein kastrol. Roer 5 minute of tot die suiker opgelos het. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.

2 Tiramisu Doop die koekies een-een in die stroop en lê hulle onder in ’n bak uit.

3 Klits die mascarpone, room, strooisuiker, suurlemoensap en skil saam.

4 Bedek die koekies met ’n laag van die mascarpone-mengsel. Herhaal die koekie- en mascarpone-lae en garneer met die gerasperde sjokolade en suurlemoenskil. Verkoel 1 uur in yskas voor jy dit voorsit.

- Hope Malau