Lewer 10

Bereiding: 8 min.

Gaarmaak: 20 sek.

125 ml (½ k) springmielies, gaar

10 malvalekkers

3 soorte koskleursel (rooi, groen en blou)

  1. Verdeel die springmielies tussen drie bakke en voeg twee druppels van elke koskleursel by ’n aparte bak. Roer om die springmielies goed te bedek.
  2. Steek ’n malvalekker aan ’n steekpen, sit op ’n bord en mikrogolf 2 sekondes op hoog. Terwyl nog warm, rol die malvalekker aan die steekpen in ’n bak springmielies sodat dit aan die malvalekker vaskleef. Herhaal met die oorblywende malvalekkers. Sit voor.