LEWER 1 GROOT LANGWERPIGE YSKASTERT (8-12 PORSIES)

Bereiding: 20 minute

Stoltyd: sowat 2 uur

250 ml (1 k) melk

100 ml suiker

10 ml (2 t) kakao

15 ml (1 e) koekmeel

4 eiers, geskei en die gele geklits

30 ml (2 e) koue water

5 ml (1 t) vanieljegeursel

15 ml (1 e) gelatien, in bietjie water gespons

1 pakkie (200 g) sponsvingers

styfgeklopte room en kakao vir versiering

  1. Verhit die melk en 10 ml (2 t) van die suiker.
  2. Meng die kakao, koekmeel en 30 ml (2 e) suiker met die geklitste eiergele en 30 ml (2 e) water.
  3. Giet die melk by en meng. Plaas terug op die stoof en verhit stadig terwyl die mengsel geroer word tot dit verdik het en net kook.
  4. Voeg die vanieljegeursel by.
  5. Verwyder van die hitte, roer ’n bietjie van die mengsel by die opgeloste gelatien en meng dan alles by die res van die melkmengsel in.
  6. Klits die eierwitte met 60 ml (¼ k) suiker styf en vou by die melkmengsel in.
  7. Pak die sponsvingers in ’n langwerpige tertbak en giet die melkmengsel oor.
  8. Verkoel tot gestol. Versier met die room en sif kakao oor.