• GENOEG VIR 8-10 MENSE
  • Bereiding: 10 minute
  • Gaarmaaktyd: 30-40 minute
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 10 ml (2 t) koeksoda
  • knippie sout
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 2 groot eiers
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 125 ml (½ k) olie
  • 1 blik (825 g) pere, gedreineer, maar behou sap
  • 125 ml (½ k) volroommelk versiersuiker (vir opdiening) geklopte room (vir opdiening)
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbak of oondpan van sowat 25 x 35 x 4 cm.
  2. Meng die droë bestanddele.
  3. Meng die eiers, vanieljegeursel, olie en peersap.
  4. Meng die droë bestanddele en die eiermengsel deeglik en giet die beslag in die groot tertbak of oondpan.
  5. Pak die peerhelftes met die hol kant na onder eweredig versprei op die deeg.
  6. Bak sowat 30-40 minute of tot ’n toetspen skoon uit die deeg kom.
  7. Prik die deeg sodra dit uit die oond kom en giet die melk oor. Sif die versiersuiker oor.

Sit louwarm of koud voor saam met geklopte room.