Geniet hierdie soet poeding saam met dik room of vla.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 45 min.

200 ml (¾ k) bruinsuiker

310 ml (1¼ k) bruismeel

100 g botter, gesmelt

1 eier

125 ml (½ k) melk

60 ml (¼ k) gouestroop

15 ml (1 e) mieliemeelblom

375 ml (1½ k) kookwater

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

  1. Meng 60 ml (¼ k) van die bruinsuiker en al die meel in ’n bak. Voeg die gesmelte botter, eier, melk en 30 ml (2 e) gouestroop by en roer tot gemeng. Skep in die gesmeerde bak.
  2. Meng die oorblywende suiker en mieliemeelblom. Strooi oor die poedingmengsel.
  3. Meng die kookwater met die oorblywende gouestroop. Giet oor die poedingmengsel en bak 40 min. of tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingesteek word. Sit voor saam met dik room of roomys.

Deur Hope Malau

Video: Megan Miller