Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Kook: 15 min.

Afkoel: 45 min. 

450 g broskorsdeeg

meel vir uitrol

VULSEL

2 blikkies (385 g elk) kondensmelk

80 ml (? k) gouestroop

50 g botter

80 g donkersjokolade, grof gekap

20 ml (4 t) room

5 ml (1 t) witsuiker

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en gebruik dit om ’n losbodemtertpan van 34 x 10 cm mee uit te voer. Prik die bodem met ’n vurk en plaas 30 min. in die yskas.
  3. Plaas bakpapier op die deeg en vul met droë bone of ongekookte rys. Bak 10 min. in die oond, verwyder die papier en bone of rys en bak dan nog 5 min. of tot goudbruin.
  4. Vulsel Meng die kondensmelk, stroop en botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Laat kook en roer 5 min. deurentyd met ’n houtlepel of tot die mengsel goudbruin is en die karamel verdik.
  5. Verwyder van die hitte en gooi dadelik in die tertdop. Gebruik ’n klein paletmes om die oppervlak glad te maak.
  6. Sit die sjokolade en room in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol halfvol water wat prut en roer met ’n metaallepel tot die sjokolade gesmelt het en die mengsel blink.
  7. Gooi oor die karamel. Laat afkoel tot dit gestol is.
  8. Strooi die suiker bo-oor.