Geniet hierdie maklike variasie op tradisionele ryspoeding saam met jou gesin.

Genoeg vir 4

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 30 min.

100 g botter

45 ml (3 e) donkerbruinsuiker

1 kaneelstok

2 heel steranys

250 g arboriorys

500 ml (2 k) melk

410 g klapperroom

40 g botter

vrugte vir voorsit

  1. Plaas ’n kastrol oor lae hitte. Voeg die botter in saam met die suiker en die speserye en braai liggies tot gemeng en geurig. Voeg die rys by en roer deur tot die korrels deeglik bedek is.
  2. Voeg ’n bietjie melk by en roer tot geabsorbeer. Hou aan tot al die melk gebruik is. Voeg dan die klapperroom bietjie-bietjie by terwyl jy roer en eers die vloeistof laat absorbeer voor jy nog byvoeg.
  3. Verwyder van die hitte en roer die res van die botter in. Sit warm voor saam met jou gunstelingvrugte.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller