GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

1 rol (400 g) skilferkorsdeeg, ontdooi

paar skeppe roomkaas

1 camembertkaas, gehalveer

4-6 groenvye, in skywe gesny

goeie hand vol gemengde neute (nie grondbone nie)

1 geklitste eiergeel

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat.

  1. Rol die skilferkors effens dunner uit en sny netjies in ’n reghoek.
  2. Smeer die roomkaas oor.
  3. Plaas die camembert in die middel.
  4. Pak die groenvye op en sprinkel neute ruimskoots oor.
  5. Bring die lang sykante na bo en knyp toe. Verseël. Verf met eiergeel.
  6. Bak sowat 20 minute tot die skilferkors gaar is.