Dié stokkies bestaan uit tuisgemaakte sjokoladekoekies wat jy met karamelroomys aanmekaarplak en dan in gesmelte sjokolade

doop.

Lewer 24 stokkies

Bereiding: 45-60 min.

Verkoel: 30 min.

Bak: 10-12 min.

Vries: 3-4 uur

KOEKIES

150 g botter

125 ml (½ k) bruinsuiker

125 ml (½ k) gouestroop

375 ml (1½ k) koekmeel

80 ml ( k) kakao

5 ml (1 t) koeksoda

200 g donkersjokoladestukkies

AFRONDING

1 L vanieljeroomys

die helfte van ’n 387 gblik karamelkondensmelk

sowat 400 g donkersjokolade, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Voer ’n bakplaat uit met bakpapier.

  1. Koekies Klop die botter, suiker en stroop tot lig en romerig.
  2. Sif die meel, kakao en koeksoda saam en voeg by die bottermengsel. Klits tot ’n sagte deeg vorm.
  3. Vou die sjokoladestukkies in en verkoel ’n halfuur.
  4. Knyp stukkies deeg af, rol in balletjies en plaas ver uitmekaar op die bakplaat. Druk effens plat met ’n vurk.
  5. Bak 10-12 min. of tot die bokante gekraak is. Laat effens afkoel op die bakplaat; plaas op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel.
  6. Afronding Maak die roomys sagter en marmer die karamelkondensmelk deur.
  7. Smeer ’n skeppie roomys op een koekie en plak ’n ander een bo-op. Herhaal tot al die koekies opgebruik is. Bevries tot stewig. Steek ’n stokkie in die roomys. Bevries tot die roomys hard is.
  8. Smelt die sjokolade en doop die stokkies hierin. Plaas dit regop in ’n glasie. Vries.