GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

Beslag

325 ml (1¹/³ k) bruismeel

45 ml (3 e) kakao

125 ml (½ k) suiker

200 ml melk

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

Stroop

125 ml (½ k) suiker

500 ml (2 k) water

125 ml (½ k) kakao

vla of roomys om voor te sit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 1 literoondbak.

  1. Beslag Meng die bruismeel, kakao, suiker, melk en gesmelte botter saam tot ’n gladde beslag.
  2. Stroop Plaas al die bestanddele in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
  3. Skep die beslag in die voorbereide bak en giet die warm stroop oor.
  4. Bak 20-25 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die poeding kom.
  5. Sit warm voor met vla of roomys.