Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

SJOKOLADEROL

300 ml strooisuiker

160 ml (²/³ k) kakao

8 eierwitte

1 ml (¼ t) kremetart

5 ml (1 t) vanieljegeursel

strooisuiker om mee te rol

VULSEL

500 ml (2 k) natuurlike jogurt, oornag gedreineer

500 g vars kersies, ontpit strooisuiker

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Voer ’n rolkoekpan van 32 x 28 cm met bakpapier uit.

  1. SJOKOLADEROL Sif die helfte van die strooisuiker en kakao saam. Hou eenkant.
  2. Klits die eierwitte en kremetart saam tot sagte punte vorm. Voeg die oorblywende strooisuiker lepel vir lepel by en klits tot styf en blink. Vou die kakaomengsel en die vanieljegeursel in.
  3. Skep in die voorbereide pan en maak gelyk. Bak sowat 25 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  4. Besprinkel ’n skoon vadoek goed met strooisuiker en keer die rol daarop uit.
  5. Laat die rol effens afkoel en trek die bakpapier af. Sny die kante gelyk en rol op met die vadoek. Laat heeltemal afkoel.
  6. VULSEL Rol af, smeer die jogurt oor en sprinkel die kersies en ’n bietjie strooisuiker oor. Rol weer op. Sit die rol voor op die dag waarop dit gemaak is.