Genoeg vir 4-6 mense; bereiding: 20 minute; gaarmaaktyd: sowat 20 minute

110 g donkersjokolade

115 g botter

6 eiers

125 ml (1/2 k) strooisuiker

80 ml (1/3 k) meel

45 ml (3 e) gemaalde amandels

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n paar ramekins met gesmelte botter.

Smelt die sjokolade en botter in ’n bakkie oor ’n kastrol met pruttende water of in die mikrogolfoond.

Klits die eiers en strooisuiker 5 minute tot lig en donsig.

Sif die meel en roer die amandels by.

Vou die meelmengsel by die eiermengsel en roer die sjokolademengsel liggies by.

Skep die beslag in die bakkies en bak sowat 20 minute.

Laat staan ’n paar minute, maak die kante los en dop elke bakkie uit op ’n kleinbordjie. Sit voor saam met roomys of styf geklitste room.