Genoeg vir 4

Bereiding: 20 min.

Bak: 15 min. 

125 ml (½ k) meel

15 ml (1 e) gemaalde amandels (opsioneel)

60 ml (¼ k) bruinsuiker

7½ ml (1½ t) bakpoeier

60 ml (¼ k) kakaopoeier, gesif

125 ml (½ k) melk

35 g botter, gesmelt

1 eiers, liggies geklop

5 ml (1 t) vanielje-geursel

125 ml (½ k) bruinsuiker

250 ml (1 k) kookwater

NEUTLEKKERS

500 ml (2 k) strooisuiker

125 ml (½ k) water

’n knippie sout

250 ml (1 k) gemengde neute

VIR VOORSIT

kakaopoeier om oor te strooi

roomys

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sif die meel, gemaalde amandels (indien jy dit gebruik), 60 ml (¼ k) bruinsuiker, bakpoeier en 30 ml (2 t) kakaopoeier in ’n bak.
  3. Voeg die melk, gesmelte botter, eier en vanieljegeursel by en meng goed. Skep in 4 x 250ml (1 k) oondvaste skottel en plaas op bakplaat.
  4. Meng die 125 ml (½ k) bruinsuiker en oorblywende kakaopoeier in ’n aparte bak. Strooi oor die poedings en gooi die water bo-oor. Bak 15 minute of tot die bolaag ferm is.
  5. Neutlekkers: Smeer olie in ’n bakplaat en laat eenkant staan.
  6. Meng die suiker, water en sout in ’n kastrol en verhit sonder om te roer, tot die suiker goudbruin raak. Verwyder van die hitte en meng die neute in. Giet dadelik in die voorbereide bakplaat. Laat dit afkoel en verhard en breek dit dan in stukke.
  7. Om te bedien: Plaas die neutlekkers in ’n opdienbak en die kakaopoeier in ’n houer en bring die roomys in ’n houer na die tafel. Laat elkeen hul eie bolaag kies.

Deur Hope Malau