Hierdie nagereg kan met of sonder vla of roomys geniet word.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

70 g botter

125 ml (½ k) strooisuiker

2 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

500 ml (2 k) meel

10 ml (2 t) bakpoeier

60 ml (¼ k) kakaopoeier

5 ml (1 t) koffiepoeier

1 liter (4 k) melk

Sous

80 ml (? k) bruinsuiker

125 ml (½ k) room

80 ml (? k) moutbier

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag oondvaste bak.

  1. Klits die botter en suiker saam in ’n groot bak. Voeg die eiers een vir een by en meng goed ná elke byvoeging.
  2. Roer die vanielje in. Sif die meel, bakpoeier, kakaopoeier en koffiepoeier saam. Voeg die droë bestanddele en melk om die beurt by die suikermengsel.
  3. Wanneer al die bestanddele goed gemeng is, giet die beslag in die gesmeerde bak en sit dit in die oond. Bak 30 min. tot die poeding nog effens klam in die middel is.
  4. Sous: Terwyl die poeding bak, meng die suiker, room en moutbier in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut 5 min. en verwyder dan van die hitte en sit eenkant.
  5. Haal die poeding uit die oond en giet die sous oor terwyl dit nog warm is.