Genoeg vir 8 mense

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

PIZZA

150 g donkersjokolade, opgekap

100 g botter

300 ml (11/5 k) koekmeel

2,5 ml (½ t) bakpoeier

’n knippie sout

2 eiers

180 ml (¾ k) strooisuiker

100 g pekanneute, gekap

SJOKOLADESOUS

125 ml (½ k) vars room

100 g donkersjokolade, in kleiner stukke gebreek

VIR VOORSIT

vanieljeroomys

vars kersies (indien beskikbaar)

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Voer ’n pizzapan met bakpapier uit en smeer goed.

  1. Pizza Smelt die sjokolade en botter in die mikrogolfoond op matige hitte. Laat effe afkoel.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die eiers en strooisuiker by die gesmelte sjokolademengsel en klits goed tot glad.
  3. Roer die gesifte meel en neute daarby in.
  4. Plaas dit in die voorbereide pizzapan en bak sowat 15 minute. Laat afkoel en haal uit die pizzapan.
  5. Sjokoladesous Verhit die room en sjokolade stadig oor lae hitte en roer tot glad.
  6. Vir voorsit Sny die pizza in 8 porsies. Skep die vanieljeroomys en kersies op elk en giet ’n ruim skeut warm sjokoladesous oor. Sit voor.

Hierdie resep is uit ’n nuwe boek, Elke Dag Koningskoks, wat gewone geregte met ’n kinkel omskep in koningskos.