Lewer sowat 20 pannekoeke

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 30 minute

500 ml (2 k) meel

40 ml strooisuiker

620 ml (2½ k) melk

4 eiers

300 ml donkersjokolade

40 g botter

roomys en kruisementblare vir garnering

  1. Sif die meel en strooisuiker in ’n mengbak.
  2. Klits die melk en eiers in ’n aparte bak. Meng die meelmengsel by die eiermengsel.
  3. Smelt die sjokolade in ’n bakkie oor ’n kastrol pruttende water of in die mikrogolfoond. Roer dit by die mengsel in. Roer tot alles goed gemeng is.
  4. Verhit van die botter en giet ’n bietjie van die pannekoekbeslag in die pan. Braai tot
  5. gaar aan albei kante.
  6. Herhaal met die res van die botter en beslag en bak al die pannekoeke tot gaar.
  7. Sit voor saam met roomys en garneer met kruisementblare.