LEWER 1 ROLKOEK (12 SNYE)

Bereiding: 15-20 minute

Baktyd: 8-10 minute

VULSEL

2 plakke (200 g) donkersjokolade, gekap

250 ml (1 k) room

KOEK

3 eiers

80 ml (¹/³ k) strooisuiker

2 ml (½ t) bakpoeier

125 ml (½ k) koekmeel

60 ml (¼ k) kakao

knippie sout

kakao en versiersuiker om oor te sif

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n gesmeerde rolkoekpan met bakpapier uit (sodat dit teen die kante van die pan opstaan. Bespuit liggies met kossproei.

  1. VULSEL Smelt die sjokolade en room saam tot glad. Verkoel tot koud.
  2. KOEK Skei 2 van die eiers. Klits die eiergele, die heel eier en strooisuiker goed saam tot liggeel en dik.
  3. Sif die bakpoeier, koekmeel, kakao en sout oor die mengsel en vou versigtig met ’n metaallepel in.
  4. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou by die beslag in.
  5. Giet in die pan, smeer liggies gelyk en bak 8-10 minute tot gaar. Toets deur liggies met jou vinger op die koek te druk. As dit terugspring, is dit gaar.
  6. Sif ’n bietjie kakao en versiersuiker op ’n klam vadoek en keer die koek daarop om. Trek die bakpapier af en rol
  7. die koek in die vadoek op. Laat só afkoel.
  8. Haal die sjokolademengsel uit die yskas en klits tot lig en donsig. Rol die koek oop, smeer die mousse op en rol weer op. Sif nóg versiersuiker en kakao oor.