Genoeg vir 2 mense 

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 70 sek. 

60 ml (¼ k) meel

30 ml (2 e) kakaopoeier

2,5 ml (½ t) bakpoeier

45 ml (3 e) strooisuiker

’n knippie sout

80 ml (? k) melk

30 ml (2 e) olie

30 g donkersjokolade, in stukke gebreek

  1. Meng die droë bestanddele in ’n middelslagbak. Roer die melk en olie in tot al die bestanddele gemeng is en die beslag geen klonte het nie.
  2. Gooi die beslag in 2 mikrogolfbestande bekers en laat genoeg ruimte aan die bokant toe sodat die koek kan rys sonder dat dit oor die rand loop.
  3. Voeg sjokolade in die middel van die beslag by.
  4. Mikrogolf die bekerkoek 70 sek. op hoog.
  5. Haal dit versigtig uit die mikrogolf en geniet dit – saam met roomys of room as jy wil.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander