LEWER 14 YSIES

Bereiding: 10 minute

Verkoeltyd: 20 minute

225 g smeltsjokoladeskyfies of donkersjokolade, in blokkies gebreek

45 ml (3 e) kakao

90 ml (6 e) versiersuiker

plastiek- of kort sosatiestokkies

Bespuit yskbakkies met kossproei. Silikoon-ysbakkies werk veral goed.

  1. Smelt die sjokolade in ’n glasbak oor kookwater of 1-2 minute in die mikrogolfoond. Roer gereeld.
  2. Sif die kakao en versiersuiker oor en meng deur.
  3. Skep die mengsel in ’n stewige plastieksak of weggooibare spuitsak en knip die puntjie af.
  4. Spuit die sjokolade in elk van die ysbakkie-holtes tot vol. Verkoel tot bykans gestol, maar nog nie stewig nie. Druk ’n stokkie in elke bakkie en verkoel tot heeltemal stewig.
  5. Doop die ysbakkies vinnig in kookwater en druk die ysies uit.

WENK

Jy kan die sjokolade ook met ’n lepel in die ysbakkies skep.