Lewer 28

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 2 uur

300 g donker sjokolade, in stukke gebreek

’n knippie sout

1 rooi brandrissie, fyn gekap

180 ml (¾ k) room

60 ml (¼ k) uitgedroogde klapper

60 ml (¼ k) kakaopoeier

100 g ongesoute neute, gekap

  1. Plaas die sjokolade, sout en brandrissie in ’n hittebestande bak.
  2. Bring die room tot kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte en giet oor die sjokolade terwyl jy roer tot dit gesmelt is. Bedek met kleefplastiek en verkoel ’n uur in die koelkas of tot geset.
  3. Plaas die klapper in ’n vlak bak of bord, die kakaopoeier in nog een en die gekapte neute in ’n derde.
  4. Skep klein hoeveelhede van die sjokolademengsel uit die bak, plaas dit in die palm van jou hand en rol dit vinnig in ’n balletjie.
  5. Woel dit in die klapper, kakaopoeier of gekapte neute tot oraloor bedek. Herhaal met die oorblywende mengsel.
  6. Verkoel in die yskas tot ferm, sowat ’n uur.