Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

1 pak klein sjokolade-rolkoekies (5 in ’n pak), in ringetjies gesny

500 ml (2 k) room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

250 ml (1 k) pekanneute, gekap

1 blik (410 g) kersies, gedreineer, maar behou die stroop

1 pakkie kersie- of aarbeijellie, aangemaak volgens die aanwysings op die pakkie en gestol

15 ml (1 e) mielieblom

1 groot Flake-staaf, gekrummel

  1. Pak ’n laag rolkoek in ’n glasbak.
  2. Klits die room styf en vou die helfte daarvan by die karamelkondensmelk in. Hou die ander helfte eenkant. Smeer ’n laag oor die koek.
  3. Sprinkel van die pekanneute en kersies oor.
  4. Sny die jellie in blokkies en sprinkel ’n laag oor. Herhaal die lae.
  5. Meng die kersiestroop met die mielieblom en verhit tot dit kook en effens verdik. Laat afkoel en smeer oor die poeding.
  6. Smeer die orige room oor en krummel die Flake bo-op. Verkoel tot en met opdiening.