LEWER 8-10 PANNEKOEKE

Bereiding: 35 min.

Gaarmaak: 1 min. per pannekoek

350 ml melk

1 eier

15 ml (1 e) botter, gesmelt

250 ml (1 k) koekmeel

80 ml ( k) kakao

60 ml (¼ k) suiker

2,5 ml (½ t) bakpoeier

’n knippie sout

VIR VOORSIT

3 piesangs, gesny

200 g moerbeie

250 ml (1 k) room, geklop

karamelsous

  1. Klits die melk, eier en botter saam.
  2. Sif die koekmeel, kakao, suiker, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak.
  3. Gooi die melkmengsel by die meelmengsel terwyl jy klits, en maak seker daar is nie klonte nie. Bedek met kleefplastiek en laat dit 30 min. rus.
  4. Verhit ’n 24 cm pannekoek- of kleefvrye pan en skep die beslag met ’n soplepel in die pan. Bak tot dit borrels vorm, draai om en braai tot ligbruin.
  5. Vir voorsit Sny ’n paar stukkies piesang op die helfte van die pannekoek, gevolg deur ’n paar moerbeie en ’n lepel room. Bedruip met die karamelsous.