GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

125 ml (½ k) room

4 eiers, geskei

45 ml (3 e) sterk koffie

60 ml (¼ k) strooisuiker

’n knippie sout

120 g donkersjokolade, gesmelt

Klits die room tot dit stywe punte vorm en laat verkoel tot nodig. Plaas die eiergele, koffie, helfte van die suiker en die sout in ’n oondvaste bak. Plaas die bak oor ’n pot pruttende water en klits aanhoudend tot die volume verdubbel.

Verwyder van die hitte, voeg die sjokolade by en roer om te meng. Klits die eierwitte en oorblywende suiker saam. Vou die eierwitte by die geklitste room in en vou versigtig by die sjokolademengsel in.

Skep in ’n groot bak en laat 2 uur verkoel of tot geset.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander